Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid

Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid
Deel van die Portugese koloniale oorlog

Portugese troepe op patrollie in Angola
Datum 4 Februarie 196125 April 1974 (skietstilstand)
11 November 1975 (onafhanklikheid)
Ligging Angola
Resultaat Portugese militêre oorwinning;

skietstilstand en onafhanklikheid na die Carnation-rewolusie: Ooreenkoms van Alvor;
Angolese onafhanklikheid in 1975, begin van die Angolese Burgeroorlog.[1]

Gebieds-
veranderinge
Angola word van Portugal onafhanklik
Strydende partye
MPLA

FNLA
Unita
FLEC


Ondersteun deur:
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie[2]
Vlag van Kuba Kuba[3][4]
Vlag van Volksrepubliek China China[5][6][7]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State[8]
[[Lêer:{{{vlag alias-1965}}}|22x20px|border|Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo|link=Demokratiese Republiek die Kongo]] Zaïre[9]

Vlag van Portugal Portugal

Ondersteun deur:
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika[10][11]

Aanvoerders
Agostinho Neto

José Eduardo dos Santos
Lúcio Lara
Holden Roberto
Jonas Savimbi

Vlag van Portugal Francisco da Costa Gomes
Sterkte
90 000 65 000
Ongevalle en verliese
50 000+ gesneuweldes 2 991 dood (1 526 gesneuweldes & 1 465 nie-geveg betrokke)[12]

4 684 met 'n permanente tekort (fisiese of sielkundige)

30 000–50 000 burgerlikes gedood[13]

Die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid (1961–1974) het begin met opstande teen die gedwonge arbeid op katoenplase, en ontaard in 'n stryd waar drie nasionalistiese bewegings en een seperatistegroep vir beheer oor Portugal se "Oorsese Provinsie van Angola" geveg het.[14] Die oorlog is beëindig toe 'n linksgesinde militêre staatsgreep in April 1974 Portugal se Estado Novo-regime omver gewerp het. Die nuwe militêre bewind het onmiddellik alle militêre optredes in sy Afrika-kolonies gestaak. Die nuwe leiers het ook bekend gemaak dat onafhanklikheid gou aan die kolonies gegee gaan word.

Dit was 'n uitgerekte guerilla-oorlog wat deur die Portugese gewapende magte teen gewapende insurgente in die yl bevolkte, maar baie uitgestrekte landelike gebied van Angola gevoer is.[15] Grusame wandade is in dié vryheidstryd aan albei kante gepleeg.

Met die beëindiging van die Portugese oorlog het daar 'n bloedige konflik tussen die verskillende bevrydingsbewegings uitgebreek. Die oorlog het amptelik aan die einde van Januarie 1975 tot 'n einde gekom toe die Portugese regering met die Nasionale Unie vir die Totale Onafhanklikheid van Angola (UNITA), die Volksbeweging vir die Bevryding van Angola (MPLA), en die Nasionale Bevrydingsfront van Angola (FNLA) die Alvor-verdrag onderteken het.[16][17][18]

  1. (en) Crocker, Chester A.; Fen Osler Hampson; Pamela R. Aall (2005). Grasping The Nettle: Analyzing Cases Of Intractable Conflict. p. 213.
  2. (en) The Soviet Union and Revolutionary Warfare: Principles, Practices, and Regional Comparisons, 1988, bl. 117–118.
  3. (en) Cuba: The International Dimension, 1990, bl. 155–157.
  4. (en) Cuba in the World, 1979, bl. 95–96.
  5. (en) Foreign Intervention in Africa: From the Cold War to the War on Terror, 2013, bl. 81.
  6. (en) China and Africa: A Century of Engagement, 2012, bl. 339.
  7. (en) Armed Forces and Modern Counter-insurgency, 1985, bl. 140.
  8. (en) The Flawed Architect:Henry Kissinger and American Foreign Policy, 2004, bl. 404.
  9. (pt) FNLA – um movimento em permanente letargia, guerracolonial.org
  10. (en) THE BORDER WAR
  11. (en) Regional Orders: Building Security in a New World, 1997, bl. 306.
  12. (en) Portugal Angola
  13. (en) Tom Hartman, A World Atlas of Military History 1945–1984.
  14. John Marcum, The Angolan Revolution, vol.
  15. António Pires Nunes, Angola 1966–74 Geargiveer 27 Augustus 2006 op Wayback Machine
  16. Palmer, Alan Warwick (1979). The Facts on File Dictionary of 20th Century History, 1900–1978. p. 15.
  17. Dicken, Samuel Newton; Forrest Ralph Pitts (1963). Introduction to Human Geography. p. 359.
  18. (ADP) Shadle, Robert; James Stuart Olson (1991). Historical Dictionary of European Imperialism. pp. 26–27.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search